


Jy word hartlik uitgenooi na die bruilofsfees van
Dawid en Kyla




Ons paaie het mekaar op ’n besonderse manier gekruis. Wat begin het as gewone kuiers en gesels, het stadig maar seker gegroei tot iets baie meer betekenisvol. Ons het mekaar gevind sonder om te weet hoe groot rol ons eendag in mekaar se lewens sou speel, en van die heel eerste oomblik af was daar ’n sterk aantrekking tussen ons.
Haar storie
’n Paar jaar gelede, toe ek Dawid vir die eerste keer gesien het, het ek diep in my hart met sekerheid geweet en vir my vriendin gesê: “Dit is die man met wie ek gaan trou.” En nou, ’n paar jaar later, gaan dit ’n werklikheid word. Dawid vul ’n plek in my hart wat ek nie eens in woorde kan beskryf nie. Hy het soveel omgee en ’n hart van goud, en ek kon nie vir ’n beter lewensmaat vra nie.
Sy storie
Van al die mense wat ek al ontmoet het, was daar iets aan Kyla wat van die begin af anders gevoel het. Dit was nie net hoe sy gelyk het of haar mooi persoonlikheid nie – dit was hoe sy my verstaan het. By haar het ek nooit gevoel ek moet voorgee nie. Sy het my gesien vir wie ek regtig is, en van al die meisies in die wêreld was sy die een by wie ek gevoel het: hier hoort ek.
Vandag staan ons hier met dankbaarheid vir die pad wat ons reeds saam gestap het, en met opgewondenheid en hoop vir alles wat nog voorlê – hand aan hand, saam.
ONS LIEFDESTORIE

19 September 2026
Kom geniet die dag saam met ons!
#viraltydViviers
“Twee lewens, twee harte, twee siele word een”
H A R T S W A T E R
The Venue



Fyner Detail
TYD
Gaste word vanaf 15:30 verwelkom.
Seremonie begin om 16:00.






16:00 Huwelikseremonie
17:00 Foto's & Canapés
18:00 Gevolg/Bruidspaar ingang
18:15 Dansbaan open
18:30 Formaliteite
19:30 Koek sny
19:45 Feesmaal
21:00 Partytjie-tyd
LIEFDES LENS
Liefde vasgevang in elke glimlag, elke danspas en elke kosbare oomblik. Deel asseblief julle spesiale herinneringe met ons deur julle foto's en video's op te laai via die skakel hieronder.







